Our Story

Die moeilikste ding in hierdie gebroke wêreld van ons, is GRACE!
Tog is dit die EEN opdrag wat Jesus so DUIDELIK vir ons gee en wys…
Soos die lewe gaan, het ek baie klei getrap in baie opsigte van my lewe.
En keer op keer het God vir my, deur Grace, 'n uitweg gegee, was Hy altyd daar!

Een ding wat ek geleer het, was dat God MENSE gebruik, om jou pad vir jou te wys…
Ek het 'n Liewe vriendin (Engel van God), wat my saamgenooi het na 'n vrouekamp…die
spreker het vreeslik klem gelê op KRONE…en dat ons as vrouens mekaar
moet help om ons krone mooi op ons koppe te hou! Want ons is Jesus kinders!
So maklik met die klappe van die lewe, skuif ons krone rond…of val af…of
soms sleep ons dit sommer uit vrye wil in die stof agterna!
Ons kry ons soms vreeslik jammer…en vergeet dat ons Dogters is van die Koning
van alle Konings!!!

Paar dae na die kamp vra nog 'n Liewe vriendin (Engel van God) my om 'n sak te maak
vir haar vriendin. Sy self het so tipe sak….sy gebruik hom elke dag, maar sy
wil 'n spesifieke lap he, wat eie is aan haar vriendin se smaak…
Ek bekyk haar sak….neem 'n paar fotos…dink by myself, dis seker doenbaar.
En ek PROBEER....die poging met al die "ditjies en datjies" wat my Liewe Moeder
my van naaldwerk geleer het deur my lewe, verander in 'n pragtige kunswerk!
Ek wys vir my Vriendin (eerste kliënt), sy is so in haar skik dat sy besluit sy wil
sommer vir drie van haar vriendinne so sak bestel!
Net daar praat die Here met my, en onthou ek hoeveel die krone-kamp my
aangeraak het, hoe goed dit voel om mens se Kroon mooi op jou kop te hou! En
hoe vinnig die Here vir jou 'n uitweg kan stuur…en hoeveel GRACE ek weereens
ontvang!

Die Here praat met my en wys my om die lewe vierkantig in die oë te kyk, en ten spyte
van alles…
WEAR IT LIKE A CROWN (Job 31:36)

Dis wat die Woord ons leer….en dis wat ons moet in-oefen! Ons moet NOOIT vergeet
ons is DOGTERS VAN DIE KONING nie!

So het alles begin….die een vriendin, bestel weer vir haar vriendin….daai vriendin
bestel weer vir 'n Ma of Sussie….die bestellings stoomroller in... die trane loop...
dankbaarheid loop oor….en ek besef….

SAKKEVOL GRACE!!!!

God seën, God voorsien, God sorg, God maak 'n weg.
Maar ons moet ons waarde IN Hom ken!
Kom ons hê Grace met mekaar…en ons help mekaar as die lewe jou moed ten gronde het.
Tel jou kop op, en…
WEAR IT LIKE A CROWN (Job 31:36)